Chris van Wyk
Afrikaanse Blog…oor alles en nog wat…

Hallo wêreld!

Ek het hierdie blog nou wragtag net begin oor ek gesien het dat daar gladnie op WordPress ‘n Afrikaanse blog is nie – en om geen ander rede nie.

Aangesien ek by Metrorail in Durban werksaam is as ‘n “kontrak”-drywer, en ek heelwat foto’s neem van die treine waarmee ons werk, gaan ek van die foto’s hier plaas, en hier en daar ‘n bietjie uitbrei asook wat ek ookal anders in die hande kan kry, hopelik word ek elders in die wêreld raakgesien en kan my kontrakstatus op dié manier na iets meer permanent verander – so as jy weet van ’n pos waar ek kan aansoek doen, laat my weet asseblief, ek sal dit baie waardeer.

Groete

Chris van Wyk

ns. : As ek dalk ‘n fout gemaak het en nie agtergekom het dat daar wel ander Afrikaanse blogs hier is nie, vra ek nederig om verskoning, maar laat ek dan jou besonderhede kry sodat ek kan gaan loer…

7 Responses to “Hallo wêreld!”

  1. Daar is ‘n hele klompie Afrikaanse blogs op WordPress. Besoek myne vir die details ;)

  2. Ek dryf ook daar rond. Snuiwend en hinkepink op die oomblik, maar tog.

  3. Mmm – so is baie blogs – een of 2 pogings en dan…
    niks

  4. As jy meestal foto’s gaan upload, hoekom gebruik jy nie eerder Flickr nie?
    Nice theme wat jy gekies het.

  5. Weet jy Uno, die blog – ding het lyk my so ‘n manier om sy eie rigting in te slaan. Het gedink om foto’s te laai maar dis vir my al asof ek iets mis en/of by verbykyk, so asof die blog vra om vir iets anders gebruik te word.
    Miskien net my verbeelding, maar WordPress lyk eerder na ‘n lekker kuier- en geselsplek. Miskien moet ek net eers ‘n bietjie meer aan hom blootgestel word om regtig te gaan waarheen ek met hom wil gaan.
    Aan jou, en al die ander wat reeds kommentaar begin lewer het, dankie, aan die ou einde van die dag, (ala Naas), is dit seker maar die mense wat kommentaar lewer wat die ding maak!!
    Groetnis, Chris.

  6. Kom kyk na die magdom Afrikaanse blogs by BlogAfrikaans ;) Welkom by die blogosfeer!

  7. Dankie vir die wenk, ek het en is aangenaam verras! Dink ek sit net in ‘n omgewing waar nie almal Internetmal is nie, maar so kom ons bymekaar uit…


Leave a Reply