Het gister ‘n uitdrukking gebruik wat my altyd aan onse Naas Botha herinner, naamlik die wat hy altyd gesê het, “op die ou einde van die dag”. Ek ken dit as aan die einde van die dag. Maar sit vanoggend by die werk en tob oor soortgelyke goed, waar ek ‘n spesifieke uitdrukking aan ‘n spesifieke persoon kan koppel.
Nou, ek luister heelwat radio, so weet ek Niekie van den Berg gebruik graag dié een, “maar nietemin”. Johan Rademan en Anthea Warner is lief daarvoor om “nou-nou maar, en netnoumaar”, te gebruik terwyl mnre Johan Rossouw en Johan Stemmett (noot- vir noot), weer baie graag hul gehoor vertel, “bly net waar jy is, ons is nou-nou terug” terwyl hulle ‘n advertensiebreuk neem. My eie…Laat ek vir jou vertel…